Vermiste bejaarde vermoor gevind, verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die liggaam van Diphapang Mosia (74), wat Saterdag 23 November as vemis aangemeld is, is Maandagoggend deur ‘n vee-eienaar wat sy vee gesoek het op ‘n grondpad ontdek. Twee verdagtes is gearresteer.

AO Mmako MophiringĀ sĆŖ Mosia van die Makeneng-woonbuurt in Gwagwa het ‘n groen oorpak met ‘n goud-en-geel trui aangehad toe hy vermis geraak het. Hy het na bewering twee persone ‘n geleentheid gegee, maar het nooit teruggekeer nie.

Sy liggaam is ontdek met ‘n swart lap toegemaak en sy nek en hande was met draad vasgebind. Die vee-eienaar wat die ontdekking gemaak het, het die polisie ontbied. Die polisie en familie van Mosia het die liggaam as diĆ© van die vermiste persoon geĆÆdentifiseer.

Tseneng-speurders is met hulle ondersoek na twee verdagtes gelei wat ondervra is. Van Mosia se besittings is glo ook in hulle besit gevind, maar sy voertuig word nog gesoek. Die polisie is egter hoopvol om dit binnekort op te spoor. Die verdagtes is aan Harrismith-speurtak oorhandig waar hulle vir moord aangekla is. Hulle het Donderdag in die hof verskyn, waarna die saak vir formele borgaansoek tot 5 Desember uitgestel is.

Die arrestasie van ‘n derde persoon sal na verwagting binnekort volg. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief