Liggaam van vrou in Canelands ontdek

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n vrou (22) is Sondagoggend in Canelands in ‘n informele nedersetting, ontdek.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê reaksiebeamptes is omstreeks 06:30 na die toneel ontbied waar ‘n vroueliggaam, geklee in ‘n bruin bloeddeurdrenkte trui, aangetref is. Langs die liggaam was bloedspatsels op die muur. Daar is vasgestel sy bly in die omgewing en is glo Saterdagaand by ‘n drinkplek gesien. Omstandighede van haar dood is onbekend.

Rusa sê inwoners beweer haar kêrel se klere het bloed op gehad. Hy kon blykbaar nie opgespoor word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief