Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar
Die Suid-Afrikaanse regering het gesê daar is geen plan om ‘n algemene Brics-geldeenheid te ontwikkel nie.
Dit volg na Donald Trump Brics-lande met ‘n 100% handelstarief gedreig het as ‘n nuwe geldeenheid ontwikkel word of ondersteun word wat die “magtige VSA-dollar” ondermyn.
‘n Verklaring van Dirco het dit duidelik gemaak ‘n nuwe geldeenheid gaan nie gemaak word nie. Die besprekings was oor handel tussen Brics-lande in hulle eie nasionale geldeenhede en om meer nie-dollar transaksies aan te gaan.
Bronne: Polity, Moneyweb, BusinessTech
Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar





