Lees ook: Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla
KAAPSTAD. – Die saak teen die vier beskuldigdes in die Nick Frischke-saak is tot 16 Januarie 2025 uitgestel.
Frischke, ‘n Duitse toeris, het verlede jaar op 14 Februarie verdwyn na hy in Houtbaai gaan stap het. Vier verdagtes, wat erken het dat hulle Frischke op die Hangberg-roete beroof het, is in hegtenis geneem. Van Frischke se besittings is tydens die polisie-ondersoek in die vier se besit gevind.
Die verdagtes, Carlo Geunantin, Ishaam Fischer, Vanroy Petersen en Melvin Geunantin, het Vrydag in die Wynberg-streekhof verskyn waar vier getuies getuig het die verdagtes het verskeie ander misdrywe op die dag gepleeg, wat nie met Frischke verband hou nie.
Drie polisiebeamptes en die ma van een van die beskuldigdes het oor ander misdrywe getuig wat die vier op 14 Februarie 2023 gepleeg het, insluitend die roof van ‘n afleweringsvoertuig.
Bronne: EWN, Cape Town ETC, News365





