WES-KAAP. – Joswin Lameyer en Khuselo Blaai het die naweek ‘n babaseun by die Mfuleni-brandweerstasie gevang, toe die ma vir hulp aangeklop het omdat sy in kraam was.
Alderman JP Smith sê die brandbestryders was by hulle stasie aan diens, toe die ma met kraampyne aanklop. Paramedici is dadelik ontbied, maar die baba kon nie langer wag nie. Met telefoniese instruksies is die baba gebore, waarna die naelstring afgeklamp en geknip is. Ma en baba is na die Site C Community Health Centre in Khayelitsha geneem.
Die geboorte is as ‘n wonderlike begin van die feesseisoen bestempel en beste wense is teenoor die ma en baba uitgespreek.
Smith het ook die brandbestryers wat hulle vaardighede toegepas het, gelukgewens.





