Lees ook: SAL gee inligting oor staking
Die SAL-vlieëniers se staking is amptelik verby na SAL se Vlieëniersvereniging (Saapa) en die nasionale vervoerbeweging ‘n ooreenkoms met SAL bereik het.
Volgens eNCA is ‘n ooreenkoms vroeg vanoggend bereik.
SAL-vlieëniers het Donderdag begin staak na onderhandeling vir hulle salarisverhogings ‘n dooiepunt bereik het. Die vlieëniers wou ‘n 15.7% verhoging hê, terwyl SAL ‘n 8.46% verhoging aangebied het. Die vlieëniers het die staking opgeskort ná hulle ingestem het tot ‘n 9.47% verhoging.
Bronne: eNCA, IOL, Briefly
Lees ook: SAL gee inligting oor staking





