Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur
VSA. – Die Amerikaanse kletsrymers, Jay-Z en Sean “P Diddy” Combs, is beskuldig van die verkragting van ‘n meisie (13) in 2000.
Volgens die dagvaardiging het die vrou gesê sy is bedwelm en verkrag deur die kletsrymers by ‘n partytjie ná die MTV Video Music Awards in New York en dat ‘n bekende vrou in die vertrek was tydens die verkragting.
Jay-Z, regte naam Shawn Carter, het gesê die dagvaardiging is ‘n “afpersingpoging”. Combs het die aantyging ontken.
Diddy is in verskeie ander sake van seksuele aanranding aangekla en sy verhoor sal op 5 Mei begin.
Bronne: BBC, The Sun, NBC News
Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs pleit onskuldig, borg afgekeur





