Lees ook: Dept. van basiese onderwys sê matriekuitslae sal in koerante bekendgemaak word
Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika (IR) het die departement van basiese onderwys R5 miljoen beboet omdat dit volgens die reguleerder ‘n afdwingingsbevel oor die matriekuitslae verontagsaam het.
Die inligtingreguleerder het die departement op 18 November 2024 kennis gegee dat hulle nie die 2024-matriekuitslae in koerante mag publiseer nie, want dit oortree die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi-wet).
Gister is deur die IR aangekondig dit gaan die departement beboet omdat dit nie binne ‘n vasgestelde tyd aan die reguleerder bewys het dit gaan nie die uitslae in koerante laat publiseer nie. Volgens die reguleerder het die departement die IR ook nie in kennis gestel dat dit gaan appelleer teen die besluit om die bekendmaking van uitslae te verhoed nie.
Die departement het 30 dae om die boete te betaal of om te reël om dit af te betaal.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen
Lees ook: Dept. van onderwys word verhoed om matriekuitslae in die media bekend maak





