Lees ook: Dept. van onderwys word verhoed om matriekuitslae in die media bekend maak
Die departement van basiese onderwys het gesê die 2024-matriekuitslae sal in koerante bekendgemaak word. Dit volg na die inligtingsreguleerder die departement wou verhoed het om die uitslae bekend te maak oor die Popi-wet.
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het gesê die bekendmaking van die uitslae is nie ‘n oortreding van privaatheid nie en maak dit makliker vir leerlinge om die inligting te kry.
Sy het ook gesê die matriekuitslae sal op 14 Januarie bekendgemaak word.
Bronne: eNCA, Jacaranda FM, Skillsportal
Lees ook: Dept. van onderwys word verhoed om matriekuitslae in die media bekend maak





