Apteek se voormalige werknemer vir bedrog aangekla

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (47) wat voorheen in ‘n apteek in Welkom gewerk het, is op aanklagte van bedrog van meer as R120 000 gearresteer.

Kapt. Loraine Earle sê ‘n oudit is by die apteek gedoen waarna die bedrog, wat glo tussen 18 Maart 2017 tot 16 Maart 2023 gepleeg, ontdek is. Die apteek het ‘n verlies van geld en voorraad gehad, waarna ‘n saak van bedrog geopen is.

Earle sê ‘n ondersoek is deur die provinsiale kommersiële misdaadeenheid gelei, waarna die dossier vir beslissing na die senior staatsaanklaer oorhandig is.

Die vrou is aangekla en gewaarsku om op 3 Maart in die Welkom-landdroshof te verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief