Luuksevoertuig in Kaapstad geskut

Lees ook :

Foto: JP Smith Facebook-blad

WES-KAAP. – ‘n Luukse- McLaren-voertuig is Vrydag deur die Stad Kaapstad geskut, nadat dit glo in Boksburg, Gauteng, in misdaad gebruik is.

JP Smith, DA raadslid, sê op sosiale media indien die voertuig, deur die polisie begelei, raakgesien word, moenie gedink word dit is ‘n belangrike persoon wat begelei word nie.

“Polisielede het verneem dié voertuig is voorheen by ‘n misdaad in Boksburg, Guateng, gebruik. Die voertuig is in Kommetjieweg opgemerk, waarna verskeie wetstoepassingsvoertuie dit tot stilstand gebring het om enige kans op ontsnapping te verhoed.”

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits ‘n bedrogsaak is in Desember 2024 in Boksburg geregistreer. Die insident sal Maandag opgevolg word. Die voertuig is as bewysstuk ingehandig en sal verder geprossesseer word. Geen arrestasies is gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief