OOS-KAAP. – Anelle de Bruin (46), ‘n boervrou, is in die Aliwal-Noord-landdroshof borg toegestaan, nadat sy vir beweerde sameswering om haar man Johan (54), ‘n boer, tydens ‘n “plaasaaval” te laat vermoor, gearresteer is.
Lt. kol. Siphokazi Mawisa sê aan Nuusflits volgens inligting het speurders en Aliwal-Noord K9-lede inligting van ‘n persoon wat De Bruin wou huur om haar man op 9 Januarie te laat vermoor, opgevolg. De Bruin is gearresteer en het daarna in die hof verskyn.
Die saak is tot 6 Maart uitgestel.





