Lees ook: Kyk: Vliegtuig en helikopter bots
WASHINGTON, VSA. – Die vlugopnemer van die American Airlines-vliegtuig wat met ‘n Black Hawk- militêre helikopter gebots het, is gevind.
Die vlugopnemer bevat die opname van die vlieëniers se gesprekke en al die vlugdata.
Daar was geen oorlewendes onder die 60 passassiers en die vier bemanningslede op die vliegtuig en die drie mense in die helikopter nie. 28 liggame is tot dusver gevind ná die vliegtuig en helikopter in die Potomac-rivier geval het na die botsing.
Die rede vir die botsing is nog onbekend. Die vliegtuig was op pad om te land by die Ronald Reagan Washington Nasionale Lughawe toe dit met die helikopter gebots het.
Die helikopter is net voor die botsing deur lugverkeerbeheerders in kennis gestel van die vliegtuig en is beveel om agter die vliegtuig verby te gaan.
Bronne: Evening Standard, BBC, CNN
Lees ook: Kyk: Vliegtuig en helikopter bots





