Spanning tussen Rwanda en SA oor Kongo

Lees ook :

Spanning tussen Rwanda en Suid-Afrika oor Kongo fotokrediet: Canva

Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes uitgestel

Daar is spanning tussen Rwanda en Suid-Afrika na president Cyril Ramaphosa se verklaring oor die situasie in die Republiek die Kongo.

President Ramaphosa het in sy amptelike verklaring gesê die Rwandees-gesteunde M23-rebelle en ‘n Rwandese “burgermag” is verantwoordelik vir die aanvalle op die vredesmagte in die Republiek die Kongo. 13 Suid-Afrikaanse soldate het in die aanvalle omgekom.

Die president van Rwanda, Paul Kagame, het nie saamgestem met Ramaphosa se kommentaar nie en het beklemtoon dat Rwanda se soldate deel van die weermag is en nie ‘n burgermag is nie.

Hy het ook gesê sy onlangse gesprekke met Ramaphosa is uit konteks geneem en verander in “leuens en doelbewuste aanvalle”. Kagame het gesê volgens Ramaphosa was dit die Rwanda Defence Force (RDF) en die Armed Forces of the DRC (FARDC) wat die soldate aangeval het, ná berigte dat Ramaphosa Rwanda glo gewaarsku het om nie Suid-Afrikaanse soldate aan te val nie.

Kagame het gesê “As Suid-Afrika wil bydra tot ’n vreedsame oplossing is dit goed en wel, maar Suid-Afrika is nie in die posisie om die rol van vredemaker op te neem nie. En as Suid-Afrika ’n konfrontasie verkies, sal Rwanda die saak enige tyd in daardie konteks hanteer.”

Bronne: Briefly, eNCA, All Africa

Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief