Harmony Gold het bevestig vyf werkers is in twee aparte voorvalle by die Harmony Gold-myne oorlede.
Lees ook: Trump gekritiseer na hy sê VSA moet Gaza oorneem
Twee mynwerkers is dood na ‘n voorval by ‘n ontwikelling by die Doornkop-myn in Soweto. Nog drie werkers is dood na ‘n val by die Joel-myn naby Theunissen.
Harmony Gold het gesê die voorvalle word ondersoek, beide intern en deur die reguleerder.
Die departement van minerale hulpbronne en energie lei die ondersoek.
Beyers Nel, die HUB van Harmony, het gesê hulle is verpletter deur die nuus van hierdie tragiese insidente en het hulle medelye aan die families van die oorledenes betuig. Die maatskappy sal hulle volle steun aan die naasbestaandes gee.
Bronne: IOL, Mining Weekly, CNBC Africa





