Trump gekritiseer na hy sê VSA moet Gaza oorneem

Lees ook :

Trump gekritiseer na hy sê VSA moet Gaza oorneem fotokrediet: X Skermgreep

Lees ook: Trump onttrek VSA van VN-menseregteraad en -agentskap vir Palestynse vlugtelinge

VSA. – Donald Trump is gekritiseer en beskuldig daarvan dat hy “etniese suiwering’ bevorder na hy gesê het die VSA moet Gaza oorneem en die Palestyne na ander gebiede skuif.

Trump het die opmerkings gemaak tydens ’n nuuskonferensie met Benjamin Netanyahu, die Israeliese eerste minister. Hy het belowe om Gaza te “ontwikkel” en het gesê Saoedi-Arabië sal daar “behulpsaam” wees.

Trump het gesê ’n aankondiging sal in die volgende maand oor Israel se beheer oor die Wes-Bank gemaak word. Netanyahu het Trump die “beste vriend wat Israel nog ooit in die Withuis gehad het” genoem.

Bronne: The Independent, DW – South Africa, Sky News

Lees ook: Trump onttrek VSA van VN-menseregteraad en -agentskap vir Palestynse vlugtelinge

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief