WES-KAAP. – Vyf mans is Vrydagaand in Philippi-Oos in ‘n voertuig doodgeskiet en aan die brand gesteek.
Brig. Novela Potelwa sê misdaadtoneeldeskundiges van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad het die toneel vir leidrade gefynkam. Volgens aanduiding was die oorledenes met die voertuig in die Better Life-gebied toe vier gewapende verdagtes verskyn en op hulle geskiet het, waarna hulle aan die brand gesteek is.
Die oorledenes is nog nie geïdentifiseer nie, maar word tussen 20 en 30 jaar oud geskat. Die motief vir die insident is deel van die polisie se ondersoek.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. André Lotter by 079 894 1547 te bel.





