Brekende Nuus: Twee ‘rowers’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Twee vermeende rowers is vroeër vandag (Dinsdag) deur die polisie tydens ‘n skietery in Nhungwane Area 1, Inanda, doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het inligting van verdagtes wat glo by huisrowe en ander misdade in die area betrokke was en in ‘n huis is, ontvang. ‘n Operasie is geloods en met dié wat die polisie hulle aanwesigheid aankondig deur aan die deur te klop, is daar op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en twee verdagtes is noodlottig gewond. Twee vuurwapens is gekonfiskeer en nog ‘n verdagte is gearresteer.

Netshiunda bevestig met voorlopige ondersoek is vasgestel die verdagtes het bande met die Inanda West-bende.

Die gearresteerde verdagte sal na verwagting binnekort op aanklagte in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief