Swaar vonnis vir kuberboelie na moord op 11-jarige

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Itumeleng Bendow Machabe (27) is vandag in die hooggeregshof in Kimberley op aanklagte van Relebogile Segami (11) se moord en verkragting en nog 16 aanklagte gevonnis.

Lt.kol. Sergio Kock sê ander aanklagte sluit afpersing, bedrog, crimen injuria en kinderpornografie in. Machabe het Segami se liggaam in Maart 2022 in die veld agter die provinsiale wetgewergebou in Galeshewe gelos.

Hy is ook gevonnis vir die verkragting van minderjariges van 13 en 15 jaar. Die slagoffers is tussen 2013 en 2022 in Kimberley deur Machabe op Facebook gelok. Hy het voorgegee om ‘n lesbiese 16-jarige te wees. Hy het dan eksplisiete beeldmateriaal en naakfoto’s van die slagoffers op sosiale media geplaas en hulle afgepers.

Machabe is op 31 Maart 2022 gearresteer en het tot sy vonnisoplegging in aanhouding gebly.

Lt.genl. Koliswa Otola het lede van die Galeshewe-GKS en provinsiale kubermisdaadeenheid (SECI) – kol. Marli Strydom, kapt. Sebata Tsiu, kapt. Monapule Khatwane, AO Nicole Botha, AO Lesego Oliphant, AO Bonolo Masau, AO Tanya Serfontein, AO Oageng Moilwa, sers. Simphiwe Mdunge en sers. Gwyneth Paulsen – vir die suksesvolle arrestasie en vonnisoplegging geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief