SRI LANKA. – ‘n Passasierstrein het ontspoor na dit ‘n groep olifante naby ‘n natuurreservaat in Habarana getref het.
Lees ook: Delta lugredery bied $30 000 aan passasiers na ongeluk
Geen passasiers is beseer nie, maar ses olifante is dood. Die polisie sê twee olifante wat beseer is, word behandel.
Volgens die polisie is hierdie die ergste ongeluk nóg met wilde diere in die land. Sri Lanka het sowat 7 000 wilde olifante wat deur die wet beskerm word. As iemand ‘n olifant doodmaak, kan tronkstraf of ‘n boete opgelê word.
Bronne: BBC, Gulf News, Hiru News
Lees ook: Delta lugredery bied $30 000 aan passasiers na ongeluk





