TORONTO, KANADA. – Delta-lugredery het $30 000 aan elke passasier aangebied wat op die vliegtuig was wat die week tydens ’n landing in Toronto omgeslaan het.
Lees ook: Sowat 18 beseer toe Delta-vliegtuig omslaan met landing
Al 80 mense, 76 passasiers en vier bemanningslede, het oorleef toe die vliegtuig tydens ’n landing omgeslaan het.
20 van die 21 passasiers wat na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling, is reeds ontslaan. Volgens Delta word die geld sonder enige verwagtinge aangebied en niemand se regte gaan nadelig geraak word nie.
Dit is nog onbekend wat die ongeluk veroorsaak het.
Bronne: Euronews, Fox Business, New York Times
Lees ook: Sowat 18 beseer toe Delta-vliegtuig omslaan met landing





