ISRAEL. – Drie busse het in Bat Yam, naby Tel Aviv, in Israel ontplof. Volgens die polisie was dit moontlik ‘n terreuraanval.
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars
Nog toestelle wat in twee ander busse geplaas was, het nie ontpof nie. Die polisie is besig om na verdagtes te soek.
Die vervoerminister het gelas dat alle busse en treine in die land gestop en deursoek word vir nog ploftoestelle. Benjamin Netanyahu, die eerste minister, het die Israeliese weermag beveel om “intensiewe operasies uit te voer teen sentrums van terrorisme in die Wes-Bank”.
BREAKING: Three separate bus explosions rocked Tel Aviv, Israel in what authorities suspect was a coordinated terror attack.
— Libs of TikTok (@libsoftiktok) February 20, 2025
– Two more devices were discovered on another bus and possibly the light rail.
– No injuries reported pic.twitter.com/1iO66jL1N3
Bronne: BBC, Evening Standard, ABC News, X
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars





