Verdagte van ‘nagklub-geweld’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Skermgreep beeldmateriaal X - The Instigator

GAUTENG. – Johannesburg-metropolisiebeamptes (JMPD) het Donderdag tydens patrollies in Yeoville ‘n Kongolees (41) in verband met die gebeure in die ZanZou-nagklub, in Hatfield, gearresteer.

Brig. Brenda Muridili sê lt. genl. Tommy Mthombeni het die deurbraak in die saak geprys. Die metropolisiebeamptes het die man opgemerk wat soos ‘n uitsmyter in die video van die gebeure lyk. Hy is voorgekeer en nadat hulle tevrede was dat hy wel in die video verskyn, is hy gearresteer. GKS, wat die saak ondersoek, is in kennis gestel. Die verdagte is nou vir gedwonge verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria aangekla en word met die twee sake wat by Brooklyn-polisiestasie oopgemaak is, verbind.

Die verdagte sal Maandag op aanklagte in ‘n hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief