Vyf wat ‘verdagte’ met bande doodbrand gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Vyf verdagtes is op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering en die brutale moord op Doctor Mabunda (22) op 7 Desember 2022, gevonnis.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê Mashimbye Mfumo (30), Mabunda Tiyiselani (33), Ngobeni Nsovo Lecent (22), Manganyi Tebogo (28) en Mahumani Nkuriso (20) het Mabunda, nadat hulle by sy suster gehoor het waar hy skuil, op bewerings van diefstal deur die gemeenskap in ‘n voertuig geboender en met hom na Nkomo-woonbuurt gery. Mabunda is eers aangerand, waarna hy met brandende bande doodgebrand is.

Die verdagtes is binne 72 uur deur speur.sers. Dayson Mabunda in hegtenis geneem. Hulle is op 11 Desember 2022 op R1 000 borg vrygelaat en is is op 14 Februarie 2025 in die Thoyoyandou-hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Mfumo, Tiyiselani en Lecent is vir moord 20 jaar en vir ontvoering vyf jaar gevangenisstraf opgelê. Die vonnisse sal gelyktyding uitgedien word. Tebogo en Nkuriso is vir ontvoering en aanranding 3 jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, opgelê

Lt. genl. Themi Hadebe het ná die vonnis diegene wat die reg in eie hande neem, gewaarsku.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief