OOS-KAAP. – Die polisie in die provinsie het bevestig sewe van die verdagtes wat Donderdag in ‘n skietery met die polisie tussen Ndabakazi en Butterworth betrokke was, het gesterf.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê ‘n voertuig het in ‘n rivierbank vasgesit, waarna die polisie se K9-soek-en-reddingseenheid ontbied is. ‘n Liggaam is uit die rivier gehaal, wat die aantal verdagtes wat geskiet is op sewe te staan bring.
Die polisie het vier AK47-aanvalsgewere en twee pistole ontdek en gekonfiskeer. Die ondersoek duur voort.
Lees hier meer oor die insident:





