KYK: Vliegtuie vermy botsing net-net by lughawe

Lees ook :

KYK: Vliegtuie bots byna by lughawe fotokrediet: Skermgreep X

CHICAGO, VSA. – ‘n Vliegtuig van Southwest Airlines het gister byna met ‘n privaat vliegtuig by die Chicago Midway-lughawe gebots terwyl dit probeer land het.

Lees ook: United Airlines-vliegtuig maak noodlanding

Die vliegtuig was op pad om te land toe ‘n klein Flexjet-vliegtuig voor die Boeing ingetrek het. Die Boeing moes weer hoogte kry om ‘n botsing te verhoed.

Data van die lugbeheer het gewys die privaat vliegtuig is toegelaat om oor een aanloopbaan te gaan, maar is beveel om te wag sodat die Southwest-vliegtuig kan land. Die vlieënier van die privaat vliegtuig het die instruksies verkeerd aan die beheertoring herhaal en is gekorrigeer. Hy het toe die instruksies reg herhaal, maar het steeds in die Southwest-vliegtuig se pad inbeweeg.

Personeel van die beheertoring het die vlieënier van die privaat vliegtuig weer beveel om stil te staan en die Southwest-vlieënier het toe gesê hulle gaan “omvlieg”.

Na die Southwest-vliegtuig weer in die lug was, het lugbeheer vir die vlieënier van die privaat vliegtuig gesê om verder op die aanloopbaan te beweeg en te stop. Lugbeheer het vir die vlieënier gesê: “Jou instruksies was om stil te staan”.

Flexjet het gesê dit ondersoek die voorval. Die Federale Lugvaartadministrasie en die NTSB is ook besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: The Independent, NBC Chicago, X

Lees ook: United Airlines-vliegtuig maak noodlanding

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief