United Airlines-vliegtuig maak noodlanding

Lees ook :

United Airlines-vliegtuig moes noodlanding maak fotokrediet: X

NEW JERSEY, VSA. – ‘n Vliegtuig van United Airlines moes gister kort na dit by die Newark-lughawe in New Jersey opgestyg het weer omdraai om ‘n noodlanding te maak.

Lees ook: KYK: Delta-vliegtuig maak noodlanding na passasiers rook sien

Die vliegtuig, wat op pad was na Las Vegas, moes oor ongespesifiseerde meganiese probleme weer by Newark land slegs ‘n uur na dit opgestyg het.

Volgens United Airlines het die vliegtuig veilig geland en die passasiers is met ‘n ander vliegtuig na Las Vegas geneem.

Die voorval volg ‘n paar weke na nog ‘n United Airlines-vliegtuig van Nigerië in Newark ‘n noodlanding moes maak na ses mense beseer is van ‘n onverwagse “rukbeweging” in die lug weens ‘n tegniese probleem.

Bronne: Daily Mail, New York Post, The Hill

Lees ook: KYK: Delta-vliegtuig maak noodlanding na passasiers rook sien

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief