GAUTENG. – ‘n Zimbabwiese burger het Woensdag op aanklagte van onder meer die moord op Mfuma Mashaba (4) en Tinyiko Mashaba (7) in die Pretoria-Noord-landdroshof voorgekom. Voordat die meisies doodgeskiet is, is daar glo vir hulle gesê hulle sterf vir hulle ouers se sondes.
Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê buiten twee aanklagte van moord staan die beskuldigde ook op twee aanklagte van poging tot moord en twee van brandstigting tereg. Die beskuldigde is na bewering op 2 Junie 2024 saam met sy medebeskuldigde, Timothy Murengerere (35), ‘n ongedokumenteerde Zimbabwiese burger, na die shack van ‘n forumlid in Nkandla, Soshanguve. Daar is glo gesien hoe ‘n paar wat in die shack bly, probeer vlug, maar daar is skote op hulle geskiet en die schack is aan die brand gesteek.
Daarna is die beskuldigdes glo na ‘n shack waar die jong meisies aangetref is en daar vir hulle gevra is waar hulle pa is. Die kinders kon nie antwoord nie, waarna die beskuldigdes glo vir hulle gesê het hulle gaan vir die sondes van hulle ouers sterf. Die kinders is doodgeskiet en die shack is aan die brand gesteek, waartydens die liggame van die kinders onherkenbaar verbrand het.
Tydens die polisie se ondersoek het is die beskuldige in hegtenis geneem terwyl hy glo gepoog het om ‘n bejaarde vrou te beroof.
Die saak is vir regsverteenwoordiging vir die beskuldigde tot 7 Maart uitgestel, wanneer hy saam met sy medebeskuldigde, Murengerere, sal verskyn.
Beide bly in aanhouding.
Lees meer soos voorheen berig hier onder:





