Verdagte deur polisie doodgeskiet, nog een ondervra

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Verdagte wat glo Woensdagoggend vroeg op die polisie geskiet het, het aan noodlotttige skietwonde gesterf, terwyl nog ‘n verdagte vir ondervraging ingeneem is. Die verdagtes vorm vermoedelik deel van meer verdagtes wat vir die opblaas van OTM’e verdink word.

Brig. Donald Mdhluli sê Operasie Sethunya is deur misdaadintelligensie en sigbare polisiëring geloods, waartydens ‘n groep verdagtes wat onder verdenking is, gekonfronteer is. Gedurende die oggendure het die lede ‘n grys VW Polo, asook ‘n grys Opel Corsa, opgemerk. Die voertuie met insittendes is glo aan die opblaas van OTM’e verbind, waarna die polisie probeer het om hulle tot stilstand te dwing. Die insittendes het op die polisie geskiet en die polisie het teruggeskiet.

‘n Liggaam is langs die VW Polo aangetref, asook ‘n pistool en lewendige ammunisie met ‘n magasyn. Addisioneel is banknote en selfone op die toneel gekonfiskeer.

Mdhluli sê die polisie soek na verdagtes wat daarin geslaag het om te vlug. Niemand is gearresteer nie, een persoon is slegs vir ondervraging ingeneem. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief