KWAZULU-NATAL. – Altesaam vyf vermeende huisrowers is Vrydag, nadat ‘n familie van drie in hulle huis in Shakashead, in die Umhlali-polisiëringsgebied aangehou en een ontvoer is, gearresteer.
Kapt. Alex Thomson sê na bewering het die verdagtes die slagoffers se huis betree, die kluis uit die muur verwyder en oor voertuie uitgevra. Die slagoffers is aangerand, waarna die huisrowers ‘n manlike slagoffer (32) na ‘n nabygeleë OTM geneem het om geld te trek. Die ma van die slagoffer het dadelik die polisie gebel, waarna die polisie die verdagte voertuig ongeveer 100 meter van die misdaadtoneel onderskep het. Die verdagtes is gearresteer en die slagoffer teruggekry. Die slagoffers het mediese hulp gekry.
Die verdagtes is vir huisroof en ontvoering aangekla en sal in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.





