‘Drie gewapende rowers’ gesoek

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Die polisie vra die publiek om vir drie beweerde gewapende rowers op die uitkyk te wees wat glo Saterdag omstreeks 01:30 ‘n vulstasie in die Mopani-distrik beroof het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagtes het na bewering die Sasol-vulstasie in Nkunakraal in Hlangani bestorm, die kluis opgeblaas en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug. Die roof is deur CCTV-kameras opgeneem. Die drie gewapende rowers is sedertdien as Theo Mabunda, Alfred Khoza en Zolito (waarvan die van tans onbekend is), geïdentifiseer. Hulle mag moontlik in Tembisa, Mofolo-Noord en Soweto wegkruip.

Ledwaba sê die verdagtes is gewapen en gevaarlik en die publiek word ten sterkste afgeraai om hulle te nader, maar eerder die polisie te ontbied.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Jabu Kubai van die provinsiale moord-en-roofeenheid by 072 905 5678 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief