53 mense dood in VSA-aanval op Jemen, beweer Hoethi’s

Lees ook :

53 mense dood in VSA-aanval op Jemen, beweer Hoethi’s fotokrediet: X

JEMEN. – Volgens Hoethi’s het die VSA nuwe aanvalle teen die groep in Jemen geloods en die dood van sowat 53 mense, insluitend vyf kinders, veroorsaak. Altesaam 98 mense is in die aanvalle beseer.

Lees ook: 59 sterf na brand by ‘nagklub’ in Noord-Macedonië

Die Amerikaanse weermag het vanoggend teikens in Al Jaouf en Hudaydah aangeval. Saterdag is verskeie teikens aangeval om te keer dat skepe in die Rooi See aangeval word.

Abdul Malik al-Houthi, die leier van die Hoethi’s, het gesê sy militante sal aanhou om Amerikaanse skepe in die Rooi See te teiken so lank as wat die VSA aanhou om Jemen aan te val.

Bronne: BBC, NBC News, Hindustan Times

Lees ook: 59 sterf na brand by ‘nagklub’ in Noord-Macedonië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief