NOORD-MACEDONIë. – Sowat 59 mense is Sondagaand oorlede na ‘n brand by ‘n klub in Noord-Macedonië.
Lees ook: Tornado’s, brande en stofstorms veroorsaak dood van minstens 40 mense in VSA
Die brand het begin by die Pulse-nagklub, ‘n ou matfabriek met ‘n onwettige lisensie om as ‘n nagklub gebruik te word. Sowat 500 mense was daar om na ‘n vertoning deur DNK te kyk.
59 mense, meestal jong mense, is dood as gevolg van die brand en 155 is beseer. Baie van die oorledenes is vertrap na al 500 mense na die enigste uitgang gestorm het. Die ander uitgang was toegesluit en kon nie gebruik word nie.
Regeringsbeamptes, die eienaar van die klub en die eienaar se seun, is onder meer vir die brand in hegtenis geneem. ‘n Ondersoek oor korrupsie en omkopery is ingestel.
Sewe dae van rou is ingestel.
Bronne: BBC, Euronews, Sky News
Lees ook: Tornado’s, brande en stofstorms veroorsaak dood van minstens 40 mense in VSA