Man vas wat ‘R1.5 m. se onwettige drank vervaardig en versprei’

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte sakebestuurder (36) is deur die polisie vir die beweerde vervaardiging van onwettige drank met ‘n geskatte waarde van R1.5 m. gearresteer. Die besigheid word na bewering op ‘n plaas op die verlate R104-pad in die Umhlali-gebied bedryf.

Kapt. Alex Thomson sê ‘n multidissiplinêre operasie is geloods, waarna die arrestasie gemaak en die vervalste en onwettige drank gekonfiskeer is. Beslag is gelê op meer as 26 000 sakkies met drank met ‘n plaaslike handelsmerk, bokse vervalste drank en 5 000 liter houers met etanol wat gebruik word om drank te vervaardig. Swaar masjinerie waarmee alkohol gedistilleer, gemeng en verpak word, is op die perseel aangetref. Drank, insluitende handelsmerkalkohol, is glo aan verskeie sakepersele in die Ballito-gebied verskaf.

Thomson sê die verdagte is vir die vervaardiging en verspreiding van onwettige alkohol aangekla en sal binnekort in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief