Verdagtes wat kampusstudente ‘beroof en verkrag’ se saak vir borg uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Ntsako Mathebula (18) en Tiza Mamatlepa (24) wat na bewering omstreeks 23:00 op 22 Februarie vier vrouestudente op kampus in hulle blyplek verkrag en van selfone beroof het, se saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 25 Maart uitgestel.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die verdagtes het Maandag in die Bolobedu-landdroshof verskyn en bly in aanhouding.

Volgens brig. Hlulani Mashaba het die gearresteerde verdagtes op 14 Maart vir die eerste keer op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom, vier aaanklagte van verkragting en sakeroof in ‘n hof voorgekom, omdat die misdaad op ‘n kollegekampus plaasgevind het. Tydens die misdaad is agt vrouestudente na bewering met ‘n vuurwapen aangehou, terwyl vier in ‘n gang verkrag is. Die vroue is daarna van hulle selfone beroof, voordat die verdagte te voet van die toneel gevlug het.

Mashaba sê een van die verdagtes is op 11 Maart in besit van een van die beweerde geroofde selfone aangetref en kon nie ‘n verduideliking daarvoor gee nie. Hy is gearresteer. Verdere ondersoek het na die huis van die tweede verdagte gelei, waar verskeie selfone en ‘n bankkaart wat onder ‘n bed versteek was, gekry is. Die verdagte is ook gearresteer.

Die selfone is deur die slagoffers as hulle eiendom geïdentifiseer. Die ondersoek duur voort.

Mashaba vra die gemeenskap van Bolobedu wat van selfone beroof is of dit verloor het, om na vore te kom. Die ondersoekbeampte, speur.sers. Dalton Makhubela kan by 082 414 6043, of 082 414 2953 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief