KWAZULU-NATAL. – Geweld het by Hoërskool Mdingi in Donnybrook uitgebreek, waarna die onderwysdepartement die insident ten sterkste veroordeel en ‘n ondersoek geloods het.
Die KZN-departement van onderwys sê in ‘n verklaring, hieronder aangeheg, die onderwysdepartement sien die gebeure, wat wyd op sosiale media in ‘n video versprei is, in ‘n ernstige lig. Die aggressiewe gedrag wat gesien word, hoort nie in skole nie.
Tydens die ondersoek sal daar met die skoolbestuur, leerlinge en ouers gekommunikeer word om die oorsaak van die insident aan te spreek.
Lees die volledige verklaring hier onder:






