Verpleër glo ontvoer, liggaam onder brug gekry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Morudi Frank Phetla, ‘n manlike verpleër (64), is glo Sondagaand omstreeks 19:00 ontvoer toe hy by sy erf in Jane Furse wou ingaan. Die polisie is na verdagtes op soek nadat hy vermoor aangetref is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die verpleër se voertuig is met die hoofligte steeds aan gevind waar dit staan en luier het, maar hy was egter nêrens te vinde nie. ‘n Saak van ontvoering is vir verdere ondersoek geopen.

Op 17 Maart, omstreeks 06:30 is ‘n liggaam met kopbeserings deur ‘n veewagter onder die Mabintanabrug aangetref. Die liggaam is deur naasbestaandes as dié van die vermiste verpleër geïdentifiseer. Die motief vir die moord is onbekend en die ondersoek duur voort.

Enigiemand met relevante inligting kan speur.sers. Vusimuzi Mohlala by 082 479 2828 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief