VSA. – Rekords van prins Harry se visumaansoek vir die VSA is in ‘n hof vrygestel na ‘n versoek deur die Heritage Foundation, ‘n konserwatiewe “dinktenk” in die VSA, oor Harry se beweerde dwelmgebruik waaroor hy in Spare geskryf het.
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela
Die Heritage Foundation beweer Harry het sy dwelmgebruik, wat hom sou diskwalifiseer om ‘n Amerikaanse visum te kry, versteek.
Die dokumente wat gister (Dinsdag) vrygestel is, is nie Harry se visumaansoek nie, maar is verklarings en hofdokumente waarin bewys is die regering het gesê die vrystel van die rekords kan “die persoon blootstel aan skade deur die publiek”. Baie van die inligting in die dokumente is verwyder om die prins se privaatheid te beskerm.
Harry het in Spare geskryf hy het voorheen kokaïen en dagga gebruik.
Bronne: BBC, Sky News, The Independent
Lees ook: Trump deporteer mense na Venezuela





