KWAZULU-NATAL. – ‘n Seunsleerling van Hoërskool Glenwood het Dinsdagmiddag tydens ‘n skoolaktiwiteit ineengestort en ten spyte van paramedici en personeel se hulp gesterf.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het wel op die insident reageer, maar gaan nie ‘n verklaring uitreik nie, aangesien dit ‘n kliënt van die diens is.
‘n Verklaring van die skool (onder aangeheg) bevestig die afsterwe van die seun. Hulp vir beraders is van die KZN-departement van onderwys aangevra.






