Persone ‘teen hulle wil aangehou’ ontsnap in Lombardy-Oos

Lees ook :

Foto: Bedfordview and Edevale News

GAUTENG. – Altesaam 32 persone, wat Ethiopiërs blyk te wees en die meerderheid minderjariges, het Woensdag uit ‘n huis in Lombardy-Oos in Pretoria ontsnap.

Kol. Mavelo Masondo sê aan Nuusflits die polisie het ‘n oproep van die Lombardy-Oos-gemeenskapspatrollielede ontvang van persone, sommige half nakend, wat in die strate hardloop. Sandringham-polisielede het reageer en is meegedeel van die mense het ‘n winkel in die area ingegaan.

In die winkel is agt van die persone wat aan die beskrywing van die gemeenskapspatrollielede voldoen, aangetref. Daar is vasgestel hulle is Ethiopiërs wat nie een van Suid-Afrika se amptelike tale kan praat nie. Nog 24 soortgelyke persone is in die gebied aangetref, waarna die 32 persone na die polisiestasie geneem is.

Tydens ondersoek is bevind die persone is glo teen hulle wil in ‘n huis in Sandringham aangehou. Terwyl die individu wat hulle na bewering aangehou het nie op die perseel was nie, is ‘n deur gebreek om uit die huis te ontsnap. Tans is die polisie op soek na die individu wat in die huis woon en verstaan hy is ook moontlik ‘n buitelander. Die persone wat na die polisiestasie geneem is, is tussen 13 en 24 jaar oud, die meeste is minderjarig.

As deel van die ondersoek is die departement van maatskaplike ontwikkeling en binnelandse sake ontbied. Die minderjariges sal vir die duur van die ondersoek na ‘n plek van veiligheid geneem word. Die polisie ondersoek tans die omstandighede om vas te stel hoe die persone in die land gekom het, wie hulle gebring het en met watter motief.

Masondo bevestig die persone word tans, tydens ondersoek, as onwettige immigrante aangehou. Mensehandel kan egter nie uitgesluit word nie. Enigiemand wat weet waar die huurder van die betrokke huis is, om met die ondersoek te help, word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief