Die 2025-begroting is met die BTW-verhoging steeds in die raamwerk ingesluit na ’n stemming deur die parlement aanvaar.
Lees ook: Finansiële komitee keer fiskale raamwerk vir begroting goed
Die stemming was om die begroting sonder enige veranderinge, met die BTW-verhoging en geen verandering aan die inkomstebelasting nie, te aanvaar.
Die ANC het ondersteuning buite die regering van nasionale eenheid gekry, met ActionSA en Build One SA wat hulle ondersteun het. Die DA en die Vryheidsfront Plus, wat deel is van die RNE, het teen die begroting gestem, asook die EFF en MK-party.
’n Voorstel is aanvaar om die BTW-verhoging uit die begroting te haal en die tesourie 30 dae te gee om ’n alternatief voor te stel, maar dit is nie amptelik in die begroting ingesluit nie en die regering is nie wetlik verplig om die voorstel te implementeer nie.
Die DA , EFF en MK-party het gesê hulle gaan hof toe om die begroting teen te staan.
Bronne: BusinessTech, Algoa FM, IOL
Lees ook: Finansiële komitee keer fiskale raamwerk vir begroting goed
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





