Brekende Nuus
Afrikaans

Trump kondig tariewe op meer as 60 lande aan

Trump kondig tariewe aan op meer as 60 lande

fotokrediet: X
Trump kondig tariewe aan op meer as 60 lande fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gister (Woensdag) tariewe op alle ingevoerde goedere aangekondig en ’n lys van tariewe vir meer as 60 lande bekendgemaak om handelsongelykheid te verbeter.

Lees ook: Trump stel nog tari

Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog beginewe in, kan handelsoorlog begin

Trump het tydens sy aankondiging gesê dit is “Liberation Day” en “ons land is vir dekades geplunder en verkrag deur nasies ver en naby, beide vriend en vyand”.

Die tariewe sal van krag bly tot die VSA ’n handelsongelykheid van $1.2 miljoen verminder het wat verlede jaar opgemerk is. Trump het gesê ’n daar sal ’n basiese tarief van 10% op alle invoere wees.

Daar sal ’n 34%-tarief op Chinese invoere wees, 20% op invoere vanaf die Europese Unie, 25% op Suid-Koreaanse invoere, 24% op Japannese invoere en 32% op Taiwannese invoere.

Wêreldleiers het die tariewe gekritiseer oor die impak wat dit op die ekonomie sal hê. Die leier van die Europese Unie het gesê vervoer, medisyne en kruideniersware sal nou meer kos.

Brasilië het ’n wet ingestel om wederkerige tariewe in te stel op enige land wat tariewe op Brasiliaanse goedere instel.

Wederkerige tariewe is op die volgende lande ingestel:

Bronne: Newsweek, BBC, Euronews

Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].