MIANMAR. – Die dodetal na die 7.7-Mianmar-aardbewing het tot 3 085 gestyg met soek-en-reddingspogings steeds onderweg. 341 mense is steeds vermis en 4 715 is beseer. Die dodetal in Thailand staan op 22.
Lees ook: Reeds meer as 2 800 sterftes na Mianmar-aardbewing
Daar is kommer dat die dodetal nog kan styg met reën wat tot Sondag voorspel is, wat die reddingspogings nog moeiliker kan maak.
Die weermag het ’n tydelike skietstilstand met die rebellegroepe verklaar sodat hulp by die noodlydendes kan uitkom. Reddingspanne van 17 lande is in Mianmar om na die aardbewing te help.
Bronne: Times Of India, NBC News, Malay Mail
Lees ook: Reeds meer as 2 800 sterftes na Mianmar-aardbewing
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





