Die parlement se finansiële komitee het gister (Dinsdag) die fiskale raamwerk vir die begroting aanvaar na ActionSA voorgestel het die belastingverhogings word verwyder en die ANC dit ondersteun het.
Lees ook: 2025-begroting goedgekeur
ActionSA het voorgestel dat die begrotingproses vir 30 dae uitgestel word sodat die nasionale tesourie en Enoch Godongwana, die minister van finansies, tyd het om alternatiewe vir die BTW-verhoging te vind.
ActionSA se voorstel is deur die ANC en die IVP aanvaar en hulle stemme het dit onnodig gemaak om vir die DA se voorstel te stem.
Die DA se teenvoorstel by monde van Mark Burke was om die deel oor die BTW-verhoging te skrap en die minister daartoe te verbind om die jaarlikse uitgawe oor die medium termyn met die presiese bedrag wat die BTW sou inbring, te verminder.
Die DA het ActionSA gekritiseer oor hulle voorstel en het gesê dit “gaan die armste Suid-Afrikaners laat met ’n hoër koste van lewe” en het kapsie gemaak “oor die ANC wat die begroting laat goedkeur het deur ’n party wat nie deel is van die regering van nasionale eenheid nie”.
Bronne: Mail & Guardian, EWN, IOL
Lees ook: 2025-begroting goedgekeur





