GEORGIA, VSA. – Passasiers op ’n American Airlines-vliegtuig moes Dinsdag tydens ontruiming op die vlerk van ‘n vliegtuig klim na rook in die vliegtuigkajuit gesien is.
Lees ook: American Airlines-Boeing raak aan die brand by lughawe
Die passasiers het by die nooduitgange uitgeklim tot op die vlerk vanwaar hulle na die grond gehelp is.
Die vliegtuig het van North Carolina na Georgia gevlieg en moes kort na die landing ontruim word. American Airlines het gesê die vliegtuig het ’n “onderhoudsprobleem ervaar na dit veilig geland het”.
Die Federale Lugvaartadministrasie ondersoek die voorval wat volg slegs drie weke na passasiers via die vlerke van ‘n Boeing 737-800 van American Airlines moes ontruim oor rook in die vliegtuig na die enjin aan die brand geraak het.
Bronne: The Independent, The Travel, INKL.
Lees ook: American Airlines-Boeing raak aan die brand by lughawe
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





