‘Meesterbrein’ wat ontsnap weer in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Beweerde ontvoeringsmeesterbrein (44) wat van die Protea-landdroshof in Johannesburg ontsnap het, is Donderdagoggend gearresteer waar hy in Bela-Bela (Warmbad) geskuil het.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die verdagte is met samewerking van die Waterberg-blitspatrollie, Vision Security en Gauteng- provinsiale georganiserde misdaadeenheid vasgetrek. Die verdagte het ontsnap voordat hy op aanklagte van ontvoering wat glo in 2025 gepleeg is, kon teregstaan. ‘n Lasbrief vir inhegtenisname is uitgereik, waarna daar vinnig reageer is om hom weer te arresteer. Hy sal binnekort op aanklagte van ontsnapping uit wettige aanhouding en ontvoering in die Lenasia-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief