KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, is Donderdagaand in sy motor op die hoek van Che Guevara- en Cleaverstraat in Davenport, Umbilo, doodgeskiet.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was verskeie veiligheidsmaatskappye teenwoordig en paramedici is gewys waar ‘n motor aan die kant van die straat teen ‘n muur vasgery het. Die manlike insittende van die motor het verskeie skietwonde aan sy lyf gehad en is dood verklaar.
Die insident word deur die polisie ondersoek.


Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





