VANCOUVER. – Die verdagte wat met sy voertuig tussen ’n skare tydens die Lapu Lapu-fees in Vancouver ingeploeg het, is van moord aangekla.
Lees ook: Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg
Kai-Ji Adam Lo (30) het glo Saterdag die dood van 11 mense, tussen vyf en 65 jaar, veroorsaak toe hy met sy voertuig in ’n skare by die Lapu Lapu-fees ingeploeg het.
Die polisie het gesê die verdagte het ’n geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme. Hulle glo nie dit was ‘n terreuraanval nie; hy het die aanval alleen uitgevoer.
Kai-Ji Adam Lo is in hegtenis geneem na hy deur omstanders gevang is. Hy word aangekla van agt aanklagte van moord en nog aanklagte kan bygevoeg word.
Bronne: Irish Examiner, The Irish News, ABP – Live
Lees ook: Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg





