Ma vir seksuele mishandeling van seun gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (52) wat aan seksuele aanranding op haar biologiese seun in Bayswater, Bloemfontein, skuldig bevind is, is deur die hof tot 60 maande korrektiewe toesig gevonnis.

Kapt. Loraine Earle sê die ma het die seun sedert hy 12 was tussen Januarie 2020 en Desember 2023 verkrag en seksueel aangerand. Die slagoffer het gedurende Februarie 2024 die misbruik bekend gemaak, wat ‘n onmiddellike ondersoek deur konst. Jessica du Preez van die Parkweg-GKS tot gevolg gehad het. Die ma is gearresteer en aangekla.

Earle sê voorts die ma se besonderhede sal ook in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word en sy is onbevoeg verklaar om met kinders te werk. Die suksesvolle skuldigbevinding is deur die polisie verwelkom. Die vonnis sal ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet uitgedien word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief