GAUTENG. – ‘n Persoon het Donderdagaand ‘n skietwond in die Roodeplaat-gebied opgedoen. Nuus van die insident is as ‘n vermoedelike plaasaanval op sosiale media versprei, maar volgens die polisie was dit nie.
Kapt. Johan van Dyk sê aan Nuusflits dit was nie ‘n plaasaanval nie. Daar is klaarblyklik probeer om by ‘n plek op ‘n plaas in te breek en die eienaar het die gemeenskap gemobiliseer. Die verdagtes is glo beveel om pad te gee. Die gemeenskap het intussen patrollie gery en na die verdagtes gesoek. Tydens die soektog in ‘n bos het van die GPF-patrollielede hulle vuurwapens uitgehaal en skote geskiet. Die een patrolleerder is in sy arm gewond.
Die polisie het ‘n saak van poging tot moord oopgemaak.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





